Nie net het hul nuwe album, Vir Liefde, onlangs die Tempo vir pop/sokkiealbum van die jaar gewen nie; die musiekvideo vir die titelsnit is ook ’n paar weke gelede eksklusief op huisgenoot.com gedeel.

Nou is die duo terug met nog ’n prettige musiekvideo, hierdie keer vir die danstreffer Da' Vat Hy.

“Die video gaan oor ’n tipiese verveelde poskantoorwerker wat ietwat van ’n komiese karakter is,” vertel die regisseur, Gerhard van Rooyen. Die akteur Bouwer Bosch vertolk dié rol.

BouwerSAAM

“Hierdie ou het net mooi niks lus vir werk nie en maak soos hy wil mense se pos oop op soek na iets wat vir hom kan belangrik wees.”

In een van die posstukke vind hy kaartjies na ’n konsert deur Jay en Lianie. Die poskantoorwerker vertrek dan teen ’n hengse spoed na die konsert, maar natuurlik kan alles nie net voorspoedig verloop nie.

Kyk hier na alles wat Bouwer oorkom terwyl hy sukkel om by die konsert uit te kom: