Kobus (43) het in ’n beweerde selfdoodpoging ’n week gelede in die Brits-polisieselle, Noordwes, diep snye met ’n lem aan sy linkerarm aan homself toegedien.

Op een foto wys Kobus die twee snye aan sy arm waar hy heelparty steke moes ontvang.

[caption id="attachment_155793" align="aligncenter" width="600"]Kobus het snye aan sy linkerarm, regterarm en enkels opgedoen. Kobus het snye aan sy linkerarm, regterarm en enkels opgedoen.[/caption]

Weens die voorval het hy Woensdag so byna nie in die plaaslike landdroshof verskyn nie.

Hy is ná sy eerste verskyning saam met Louisa (45), sy eggenoot en Poppie se ma, weer na die hospitaal gebring. Dié foto’s is kort daarna geneem, het ’n bron per e-pos aan Huisgenoot vertel.

kobus-enkels

Sy wit hospitaalbandjie is ook te sien. Op nog ’n foto lyk hy moeg en lê hy met sy oë toe asof hy slaap.

kobus-gewrig

Daar is ook verbande aan sy enkels te sien, vermoedelik weens die voetboeie wat hy moet dra.

kobus-bed

Sy linkerarm is ook aan die bed vasgeboei.

Volgens nóg ’n betroubare bron na aan die ondersoek het Kobus dit gedoen omdat hy “moedeloos” is oor sy situasie en Louisa.

Die egpaar word saam van Poppie (3) se moord op 25 Oktober 2016 op ’n gehawende hoewe buite die dorp aangekla. Sy is na bewering doodgeskop, maar die lykskouing het getoon sy het ook talle ou beserings gehad.

Lees ook: Aktiviste vra dat Gerrie Nel die moordsaak teen Poppie se ma, stiefpa hanteer

Poppie is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Kobus is die volgende dag in hegtenis geneem, en Louisa op 15 Desember.

‘Die wiel draai!’ Poppie se ma toegesnou in hof – kyk video

Huisgenoot het onlangs uit briewe tussen die egpaar in die tronk onthul Kobus het vir Louisa geskryf: “Ek was elke keer die een wat jou moes keer om jou lewe te neem en jou kalmeer het.” (Briewe van liefde en verlange, Huisgenoot, 26 Januarie 2017).

Hulle is in November 2015 in Orania in die Noord-Kaap getroud, maar het kort voor Poppie se dood na Brits in Noordwes getrek.