zuma1
Die registrateur van die hof, Paul Maritz, het aan Huisgenoot gesê die hof sal vandag oor die kwessie beslis.

Dit nadat die hooggeregshof in Pretoria vroeër beslis het ’n besluit van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in 2009 om klagte van korrupsie en bedrog teen Zuma te laat vaar irrasioneel is.

Die NVG – onder leiding van adv. Shaun Abrahams – het hom reeds tot die konstitusionele hof gewend om die hooggeregshof se beslissing om te keer. Dit was onsuksesvol.

Vandag se uitspraak kom te midde van die politieke onstuimigheid na Abrahams en die NVG se besluit om Pravin Gordhan, minister van finansies, van bedrog aan te kla.

Meer volg later.