“Ons wou in ’n 1950’s-omgewing skiet omdat dit die tema van die video is. Pretville is dus ideaal. Dis boonop kleurryk en lyk briljant op die kamera,” vertel Charlize.

Maar hoekom juis die liedjie in die 1950’s laat afspeel? “Ek is mal oor die vrouemodes van daardie era. Nie net is dit baie gesofistikeerd en stylvol nie, dit pas ook perfek by die stel van Pretville.”

[caption id="attachment_111811" align="alignnone" width="600"]“Ek is mal oor die vrouemodes van daardie era," sê Charlize. Foto: Verskaf “Ek is mal oor die vrouemodes van daardie era," sê Charlize. Foto: Verskaf[/caption]

In die video beeld die sanger en aanbieder Bouwer Bosch die eienaar van die kafee uit waarin die gebeure afspeel. “Hy is so kreatief en neem sy rol baie ernstig op,” verklap Charlize. Bouwer, Charlize en Roux Cloete het die liedjie geskryf.

Die rol van die skobbejak word deur Bordeaux Augustyn vertolk. “Ek het so lekker vir hom gelag. Hy het so baie persoonlikheid en is net so passievol,” sê Charlize.

[caption id="attachment_111814" align="alignnone" width="600"]Charlize saam Bouwer (links) en Bordeaux op die stel. Foto: Verskaf Charlize saam Bouwer (links) en Bordeaux op die stel. Foto: Verskaf[/caption]

Gelukkig is die video nie al waarna aanhangers van haar musiek kan uitsien nie. Sy is baie opgewonde oor die album waaraan sy tans werk.

“Ek skryf nog die liedjies, maar wil met dié album ’n nuwe klank bekendstel.” Tog hoef haar gereelde luisteraars nie bekommerd te wees dat die album te volksvreemd gaan wees nie. “Dit het ’n bietjie van alles, van saamsingdanstreffers tot ballades.”

Maar wat is die boodskap wat My Hart Is Myne uitdra? “Dit gaan alles oor ’n les wat ek eens op ’n tyd geleer het: dis nooit te laat om nuut te begin nie. Dit maak nie saak hoe sleg dinge lyk nie, tel net jou pen op en begin met ’n nuwe hoofstuk.”

Kyk hier na die nuwe musiekvideo: