It's never easy to say goodbye ? Missing my beautiful lady @annebellvheerden

A photo posted by Francois Hougaard (@francoishougaard_) on
Annebell (23) het gister op Instagram ’n foto van haar in ’n bikini-top en kortbroek gedeel en daarby geskryf hoe sy langs die swembad uitspan. Onder die hutsmerke het sy geskryf: "die beste ding as jy uitmaak met iemand is die lyf wat volg”. (#bestthingaboutabreakupisthebodythatfollow)

A little ?day funday? #poolside #chilledAF #sunday #weekendfeels ????

A photo posted by Annebell (@annebellvheerden) on

Sy het intussen bevestig haar en Hougie se paadjies het geskei. "Nee, daar het niks verkeerd geloop nie. Dis maar net omstandighede,” het sy aan Huisgenoot vertel. Sy wou nie verder uitbrei oor dié “omstandighede” nie. Sy het wel bevestig dat sy en Hougie (28), sowat 14 maande saam was. Hulle het verlede jaar deur gemeenskaplike vriende ontmoet by ’n restaurant in Pretoria, het sy vroeër aan ons vertel. Hulle het in Augustus verlede jaar begin uitgaan en het gereeld op sosiale media gekoer.
Francois het sover nog nie op sosiale media laat val dat hy weer ’n losloper is nie. Die twee het albei ’n week terug nog ’n foto van hulle saam op Instagram gedeel. Francois het toe nog gesê: “Dis nooit maklik om te groet nie. Ek mis my pragtige meisie @annebellvheerden.”

?

A photo posted by Annebell (@annebellvheerden) on

Annebell het nog op 1 September ’n oulike video van hulle saam gedeel met van hul spesiaalste oomblikke saam om hul jaar saam te vier.

Reminiscing... Thank you for the best almost 13 months??

A video posted by Annebell (@annebellvheerden) on

“Ek is so lief vir jou,” het Francois gekoer. “Dankie vir die wonderlikste 12 maande my lief. Ek kon nie vir ’n beter persoon vra om my lewe mee te deel nie. Ek is lief vir jou baba.”