Met treffers soos Jou Hart Klop in My Ritme en Gooi jou Arms om My maak Vaughan Gardiner al byna ’n dekade lank aanhangers se knieë lam. Maar net een laat sy hartklop versnel: sy vrou, Nerine, met wie hy in 2013 getroud is.

[caption id="attachment_114737" align="alignnone" width="600"]Foto: Ruby Jean Photography Foto: Ruby Jean Photography[/caption]

En nou, drie jaar later, begin hulle die nuwe jaar met die blye tyding: daar is eindelik ’n pienkvoet op pad!

“Ná ’n miskraam vroeg verlede jaar was ons maar seer,” vertel Vaughan, “maar dié seer is ná ’n ruk in waardering omskep vir dit wat ons geleer het. Ons het besef dat ons nie totale beheer oor ons lewe het nie.”

Teleurgesteld het die paartjie besluit hul tyd sal aanbreek om met ’n gesin te begin. En gelukkig was die wag nie te lank nie.

Omstreeks Oktober het Nerine uitgevind sy verwag weer. “Ons het eers gewag voor ons mense vertel het, want ons wou eers die vreugde van dié klein geheimpie vir onsself hou,” verduidelik Vaughan oor hoekom hulle nou eers die goeie nuus met hul aanhangers deel.

Die paartjie weet ook reeds dat die bondeltjie ’n dogtertjie gaan wees.

“Sy groei nou so vinnig. Ons kan nie meer die blye nuus vir onsself hou nie. Ons moet dit net met mense deel.

“Vanjaar is ons nie bang nie. Ons het groot drome vir onsself en ons toekoms en al die projekte waaraan ons reeds hard werk.”

Vaughan het reeds die temalied vir Regardt van den Bergh se nuwe dramaprent Uitvlucht opgeneem en die musiekvideo vir Bou aan Liefde word vroeg aanstaande maand uitgereik.

Die fliek begin 13 Mei in rolprentteaters wys.

[post-slider]

Ons het ook onlangs berig dat die Top Billing-aanbieder Jo-Ann Strauss in 2016 haar tweede kind verwag sowel as die gewilde TV-aktrise Jana Fischer.