Die Expresso-aanbieder Elana Afrika-Bredenkamp is weer swanger! Elana en haar man, die KFM-radio-omroeper Ian Bredenkamp, het so pas die nuus eksklusief aan Huisgenoot bekendgemaak dat hulle weer ouers gaan word.

Die paartjie is al drie jaar getroud en het reeds ’n 17 maande oue dogter, Esther Beth.

Elana is nou drie maande swanger en is in die wolke om weer ma te word. “Ek het om twee redes met dié man getrou, want ek is lief vir hom en omdat hy ’n wonderlike pa is! Ons is weer swanger en ek voel so geseënd!” vertel sy aan ons.

[caption id="attachment_135349" align="alignnone" width="600"]Die paartjie het hierdie pragtige foto met Huisgenoot.com gedeel. Die paartjie het hierdie pragtige foto met Huisgenoot.com gedeel.[/caption]
Die glanspaartjie deel gereeld foto’s van hul skattige dogter, Esther Beth, op sosiale media en ons kan nie wag om die nuwe toevoeging tot die Bredenkamp-gesin te ontmoet nie.

A photo posted by ianbredenkamp (@ianbredenkamp) on

A photo posted by ianbredenkamp (@ianbredenkamp) on

A photo posted by ianbredenkamp (@ianbredenkamp) on

Veels geluk julle!