KLIK HIER VIR MEER FOTO'S VAN FRANCOIS EN SY HUIS.

Ons ken Francois Hougaard as die taai vleuel wat alles op die spel plaas elke keer dat hy vir die Bulle of Bokke uitdraf.

Vir die sportman vol tatoes was die afgelope jaar soos ’n wipwaentjierit. Sy naam het gedurig in die Oscar Pistorius-moordsaak opgeduik nadat dit bekend geword het hy en Reeva Steenkamp is romanties verbind kort voor sy en die Paralimpiese atleet begin uitgaan het. Die gerugte het rondgevlieg dat hy daardie noodlottige nag vir haar ’n SMS gestuur het en dat dit ’n rusie tussen Oscar en Reeva ontketen het wat op die ou end tot haar dood gelei het. Hieroor het hy nog geen woord in die openbaar gesê nie. “Mense het my die skuld gegee vir wat gebeur het. Dit was baie onregverdig,” sê hy . Lees Jessica Levitt se eksklusiewe onderhoud met Francois in Huisgenoot 3 Oktober 2013 - nou te koop KLIK HIER VIR MEER FOTO'S VAN FRANCOIS EN SY HUIS.

Terugflits na 'n onderhoud met Francois verlede jaar