[post-slider]

Hoe kostelik is hierdie foto van klein Vincent Vermeiren?

Hy sê hul kleinding weeg 3,7 kg en “is nogal lank, 56 cm. Ons is albei in die wolke met ons bondeltjie vreugde; hy is so oulik. Hy is baie rustig; hy soek net melk en slaap,” het Janez per e-pos laat weet. Die trotse pa het ook gisteraand in die hospitaal geslaap.

Sy seun uit ’n vorige verhouding, Matisse (10), was net so opgewonde om die nuwe lid van die gesin te ontmoet. “Hy het hom gisteraand vasgehou. Hy is ’n baie trotse ouboet,” sê Janez.

Janez het spesiaal toestemming gekry om Vincent se geboorte af te neem vir sy nuwe program, The Man Cave. Wimpie Ackermann, een van die program se vervaardigers, het die spesiale oomblik met die paartjie gedeel. Die insetsel gaan op Woensdag 27 Augustus uitgesaai word, want “dit is die toppunt van enigiets wat ’n man ooit kon ervaar”, sê  Janez.

“Ek het tydens die geboorte baie emosioneel geraak, en al is ek al daardeur, is dit beslis een van daardie spesiale oomblikke.” Geluk, julle twee!