In die Roberts-huishouding in die gesogte Kaapse voorstad Kampsbaai is daar hierdie Kersfees ekstra rede om fees te vier.

Teen middel volgende jaar sal hulle ’n gesin van vier wees.

“Ek het so drie en ’n half maande gelede uitgevind ek is swanger,” vertel Cindy Nell-Roberts nadat sy die afgelope tyd ’n paar glansgeleenthede in losser uitrustings bygewoon het.

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en Pasella-aanbieder is vyf maande swanger metnhaar en haar man, Clive, se tweede kind.n

Hul eersteling, Ethan, is 18 maande oud.

Lees meer in die nuutste uitgawe wat nou op die winkelrakke beskikbaar is.