Bobby van Jaarsveld en sy Annatjie se unieke strandtroue was vol gebruike uit die Bybel.

2010 was ’n grote vir Bobby – hy’t sewe musiekpryse ingeryg en boonop ’n akteur geword – maar 2011 skop toe af op ’n noot wat verlede jaar se dinge klein laat lyk.

Hy en Annatjie is immers al sedert gr. 11 saam en ken mekaar al van gr. 8 af, en vandag, albei nou 23 jaar oud, word dié paartjie een.

Hulle is by The Dunes-oord naby die Keurboomsrivier op die strand onder ’n Hebreeuse chupah  getroud met dolfyne, seemeeue en 140 gaste op kussings teen die duine as ooggetuies.

Sien die pragfoto’s van hul troue en lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 27 Januarie 2011.