Cheslin en sy verloofde, Layla Cupido, se eersteling, ’n dogter, is Woensdag gebore. En Cheslin deel eksklusief dié foto’s met Huisgenoot-lesers.

[caption id="attachment_163011" align="aligncenter" width="600"]Cheslin en Layla Cupido met hul prinsessie, Kylah. Foto verskaf. Cheslin en Layla Cupido met hul prinsessie, Kylah. Foto verskaf.
[/caption]

Hul prinsessie, Kylah, is Woensdagmiddag halfdrie gebore, presies agt dae voor haar ma se verjaardag, vertel die trotse pappa.

cheslin-baba

“Layla herstel goed van al die steke en pyn, maar sy doen goed. Hulle is albei gesond en dis wat die meeste saak maak,” sê Cheslin. “Ek knyp myself om seker te maak dis werklik,” vertel hy vir ons. “Dis ’n gevoel wat jy nie kan beskryf tot jy dit self ervaar nie. Ek het ’n pragtige babadogter en ons is so geseënd.”

cheslin2

Cheslin en sy verloofde, Layla, woon in Brackenfell in die noordelike voorstede van Kaapstad. Hulle is al drie jaar saam en haak in Desember af.

Hy was deel van die Blitsbok-span wat tydens die Olimpiese Spele in 2016 ’n brons-medalje verwerf het. Vanjaar verteenwoordig hy die Stormers vir die duur van die Supberrugby-seisoen maar is tans op die krukkelys met 'n enkelbesering.

Die jong gesin verhuis na verwagting ná die Stormers se Superrugby-seisoen Frankryk toe wanneer Cheslin daar by die rugbyklub Toulouse aansluit.

Veels geluk, julle twee!