Die Namibiese supermodel Behati Prinsloo se pa tel omtrent die dae af tot sy eerste kleinkind gebore word.

Hy en sy vrou, Magda, bedryf daar ’n gastehuis. Hul dogter, wat getroud is met die Maroon 5-voorsanger Adam Levine, is nou ongeveer vier maande swanger, verklap Boet. “Sy het ons gebel toe die toetse wys dat sy swanger is.” Die paartjie, wat in 2014 getroud is, verwag ’n dogtertjie, bevestig hy. “Hulle soek nog na ’n naam.”

So far so good

A photo posted by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

“Volgens die dokters sal sy geboorte skenk êrens in September, op my oorlede ma se verjaardag,” verklap hy. Die Prinsloo-egpaar gaan in dié tyd Amerika toe vlieg om daar te wees vir hul kleinkind se geboorte. Die paartjie het ook in Desember verlede jaar Kersfees met Adam en Behati deurgebring. Hulle was almal kort voor Kersfees by Disneyland. Boet het ’n foto van hul uitstappie op Instagram gedeel met die onderskrif: “Met die kinders by Disneyland.”

With the children at Disney Land

A photo posted by Boet Prinsloo (@boetprinsloo) on

Hulle gesels gereeld met Behati en Adam, vertel hy. “Ons bel mekaar en stuur boodskappies, feitlik elke dag.”

En wat sal mense verbaas wees om te weet oor Adam? “Dat hy baie lief is vir sy familie,” vertel Boet.

Adam het nog nooit in Namibië by hulle kom kuier nie. “Maar hy wil graag kom,” vertel Boet van sy wêreldberoemde skoonseun, wat ook ’n beoordelaar is op die gewilde Amerikaanse televisiesangkompetisiereeks The Voice.

Boet en Magda het al drie keer by die paartjie in Los Angeles gaan kuier sedert hulle getroud is. Hy luister ook deesdae na Maroon 5-musiek verklap Boet.

Maar Los Angeles toe trek? Nooit gesien, sê Boet. “Nie op die oomblik nie, ek het te veel om te doen hier (op Grootfontein). As tye verander sal ons graag langer tye daar wil deurbring.”

Ander stories op Huisgenoot.com:

Aitsa! ’n Uitgevatte Karlien van Jaarsveld deel haar modewenke

Hoe weet jy of jou kind dalk ’n bril moet dra?

‘Mag al jou drome waar word’ – Angelique Gerber vier haar sexy aanstaande se mylpaalverjaardag in ware Springbok-gees

Kyk: Sy’s die koningin van selfdoen-video’s, maar wat gebeur as SuzelleDIY iemand se hart probeer wen?

Kyk waar bevind die mooie Armand Aucamp hom op sy wêreldreis!