[caption id="attachment_120835" align="alignnone" width="600"]"Dankie vir my oulike waatlemoen-oorbelle, Annika Badenhorst!" het Angelique Woensdag op Facebook by hierdie pragtige foto van haar geskryf. "Dankie vir my oulike waatlemoen-oorbelle, Annika Badenhorst!" het Angelique Woensdag op Facebook by hierdie pragtige foto van haar geskryf. [/caption]

Die pragtige aktrise trou in Junie met die voormalige Springbok-rugbyspeler Jacques Potgieter.

“My bruidsmeisies is my hartsvriendinne,” het sy eksklusief aan Huisgenoot gesê. “Ek stap ’n pad saam met elkeen van hulle en ek weet hulle sal altyd daar wees vir my. Ek weet ook hulle is opreg lief vir my en ek vir hulle.”

[caption id="attachment_120837" align="alignnone" width="600"]Kyk hoe mooi is die uitnodigings! Foto: Angelique Gerber Kyk hoe mooi is die uitnodigings! Foto: Angelique Gerber[/caption]

Sy het Dinsdagaand by ’n restaurant in Centurion vir hulle op ’n baie spesiale manier gevra of hulle haar bruidsmeisies sal wees.

Ralph Jacobs-juweliers het haar gehelp om vir elkeen ’n boksie met Swarovski-oorbelle geset in silwer op te maak. In die boksie was elke bruidsmeisie se naam en die vraag: “Sal jy my bruidsmeisie wees?”

Lees ook: Vir Altyd verskuif grense ná hul meeste geld nog vir Afrikaanse fliek verdien

Een van haar bruidsmeisies is die beeldskone Donnalee Roberts van Vir Altyd-faam.

[caption id="attachment_120836" align="alignnone" width="600"]Angelique het hierdie foto van Donnalee se uitnodiging eksklusief met Huisgenoot gedeel. Angelique het hierdie foto van Donnalee se uitnodiging eksklusief met Huisgenoot gedeel.[/caption]

“Ongelukkig kon Donnalee nie gisteraand daar wees nie, maar ek het haar gebel terwyl ons almal daar was en vir haar ’n foto gestuur van haar oorbelle. Sy was so opgewonde en hartseer dat sy nie daar kon wees nie.”

Jacques noem Suid-Afrika weer sy tuiste. Hy het vanjaar by die Sharks se Super Rugby-span aangesluit nadat hy twee jaar lank vir Australië se Waratahs uitgedraf het.

“Ek is baie opgewonde oor die groot dag,” sê Angelique.

“Nog baie moet gedoen word, maar ek probeer om elke oomblik daarvan te geniet.”

Angelique is ook in Junie as die flerrie Anaïs in die rolprent Dis Koue Kos, Skat te sien.

– Marisa Fockema

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Boeremeisie’ Minki van der Westhuizen kry Britse burgerskap

Meghan Trainor: Ek verstaan nie die hele ‘groot lippe’-neiging nie

Van Mej. Reëndruppel na Mej. SA: Ons gesels met Ntandoyenkosi Kunene, haar ouers

Kyk hoe ‘grênd’ is Getroud met Rugby se nuwe stel

Kyk net Mamma se liefling! Bekendes deel kostelike kiekies van hul oulike spruite