AMPER TYD om ons klein champion te ontmoet!!!!!???

A photo posted by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on

En kyk net hoe skattig, dierbaar en klein is hy!

Die kleinding, wat net soos sy pa Jacques heet, het op Woensdag 16 November om 17:30 Japannese tyd sy opwagting gemaak. Angelique het die eerste foto van hom spesiaal met Huisgenoot gedeel.

[caption id="attachment_145819" align="alignnone" width="604"]Angelique Gerber deel die eerste foto van hul nuwe gesin. Foto: Verskaf Angelique Gerber deel die eerste foto van hul nuwe gesin. Foto: Verskaf[/caption]

“Wat ’n ongelooflike twee dae!!! Die pyn kan ek nie in woorde beskryf nie. Die Japannese dokters was ongelooflik. Ek is smoorverlief en het klaar vergeet van al die pyn,” vertel Angelique aan Huisgenoot nadat sy 17 en ’n half uur in kraam was.

“My man was ongelooflik! Ek prys Jesus vir sy guns,” vertel sy oorstelp.

Die kleinding het by geboorte 3,17 kg geweeg.

Die paartjie is in Junie getroud en bly in Japan, waar Jacques vir die Munakata Sanix Blues uitdraf. Hulle keer volgende jaar terug na Suid-Afrika voor die Blou Bulle se Superrugby-seisoen afskop. Angelique se ma, Lynette Stemmet, kuier ook tans in Japan en sit hand by met haar eerste kleinkind.

Angelique en Jacques het die afgelope nege maande gereeld in die sosiale media vertel hoe opgewonde hulle is om vir die eerste keer ouers te word.

Baie geluk met die oulike kleinding, julle!