Ampie du Preez (33) is terug met ’n nuwe album en ’n splinternuwe musiekvideo daarby. Sy tweede album, Geheim, word eersdaags uitgereik.

[caption id="attachment_110183" align="alignnone" width="600"]Ampie en sy span besig om die musiekvideo te skiet in Mosambiek. Ampie en sy span besig om die musiekvideo te skiet in Mosambiek.[/caption]

Ampie het onlangs teruggekeer van Mosambiek, waar hy die musiekvideo vir Draai Op gaan skiet het. “Ek was twee jaar laas met vakansie en ek wou Mosambiek toe gaan vir ’n week, maar het geweet ek sal nie net kan gaan stilsit nie en toe besluit ek om sommer die video daar te skiet,” vertel hy.

Om dinge te vergemaklik het Ampie sommer die groot liefde van sy lewe, Elaine Pieterse (27), ingespan om die rol van sy liefde in die musiekvideo ook te vertolk.

“Dit was ’n baie gerieflike keuse, want dit is nogal duur om daar te skiet en sy was in elk geval saam met my met vakansie.”

Ampie en Elaine is al net so oor ’n jaar saam. Sy is ’n fiksheidsinstruktrise.

Maar wat was die lekkerste oomblik op die stel? “Ek dink beslis die diepseeduik. Ek het ’n jaar gelede my lisensie verwerf, so dit was lekker om ná al die dam- en swembadduike in Pretoria die geleentheid te kry om dit in die see te kon doen.”

Kyk hier na die avontuurlustige nuwe musiekvideo vir Draai Op:

Kry ook hierdie week se uitgawe van Huisgenoot (22 Oktober 2015) vir meer foto's van agter die skerms.