Amor Vittone gesels eksklusief met ons oor hoekom sy haar man, Joost van der Westhuizen, gevra het om uit hul huis te trek.

Is dit finaal verby?

“Ek kan eerlikwaar nie sê nie. Die verhouding is op ys. Ek het ruimte nodig om daardie besluit te neem,” sê Amor.

Daar is goeie redes waarom sy nou, ná alles, by die kruispad is.

Sy het hom bygestaan toe die berugte Joost-seksvideo opduik en hy bly volhou dis nie hy nie.

Ook toe hy maande later erken dis wel hy. Maar nie meer nie. “Ek is nie meer gelukkig nie,”

sê sy eenvoudig. “Ek vertrou nie meer vir Joost nie. Ek moet myself nou weer vind. My hart moet weer gelukkig voel.

“Ek het dit vir my kinders gedoen. Mense vra dalk, maar hoe help dit jou kinders as julle uitmekaar gaan? Dis wel vir hulle dat ek al hierdie maande gebly het, maar dis ook vir hulle nodig dat ek weer gelukkig word.

“As my kinders my nog een keer moet vra: ‘Mamma, hoekom is jou hartjie seer …’ ”

Joost het uitgetrek, voorlopig vir ’n maand of drie. Hy bly by ’n vriend. Hy het net klere saamgevat.

Die kinders, Jordan (6) en Kylie (4), bly steeds by Amor, geborge in die huis op dieDainfernlandgoed in Johannesburg.

“Ek weet nie wat vorentoe gaan gebeur nie,” sê Amor. “Ek leef in ’n wolk. Ek kan môre nog nie sien nie.”

Lees die volledige onderhoud met Amor in die Huisgenoot van 3 Junie 2010. Sy praat openhartig oor haar hul verhouding en hoe sy haar huwelik probeer red het. Amor vertel onder meer hoe ‘n tekort aan vertroue die deurslag was vir haar besluit.

Verwante artikels:

Amor vra Joost glo om te loop

Joost en Amor: So seer, maar die liefde seevier

Eksklusief: Ek was Joost se minnares

'Oop' huwelike: Kan dit werk?

Leraar: Joos, jy kan jou huwelik red

Op die internet:

http://www.amorvittone.co.za

Amor Vittone Facebook-blad

Wikipedia: Joost van der Westhuizen