Vandag was die swaarste dag van haar lewe, en die ellende is nog lank nie verby nie. Susan Lemmer, ma van Cézanne Visser, sit in die Pretoria-Oos-hospitaal, nou amper abnormaal kalm nadat sy vroeër vanmiddag by die hooggeregshof breekpunt bereik het.

Ná nege jaar van foltering waarin Cézanne voor haar oë in ’n seksmisdadiger verander het, het dit vanmiddag alles net een te veel geraak.

Ná die dag hier by die hof was Susan op breekpunt: eers die vonnis van sewe jaar tronkstraf sonder borgtog of verlof tot appèl, toe darem die vergunning dat haar kind vanaand by die huis sal slaap – sy het borgtog gekry hangende die uitslag van haar appèl teen die weiering van verlof tot appèl.

‘‘Sy was ’n modelkind. Sy was slim en gemotiveerd. Die wonderlikste dae van my lewe was toe sy haar twee regsgrade met lof geslaag het.’’

Susan praat eksklusief met Huisgenoot oor haar eens voorbeeldige dogter. Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 4 Maart.

Ons wil ook weet wat julle dink van hierdie omstrede hofsaak?

Dink julle die tronkstraf is voldoende?

En dink julle, hoe jou ouers jou groot gemaak het, is ‘n verskoning vir latere verkeerde optredes in jou lewe?

Bespreek vir Skouspel!