Volgens ’n mediaverklaring skei sy paadjie met dié van Hugo Ludik en Reynardt Hugo “weens verskeie verskille tussen die lede. Dit was ’n gesamentlike besluit en hulle gaan as vriende uitmekaar.” Adam het in 2011 hul gelyknamige debuutalbum uitgereik en dit verlede jaar opgevolg met Vir Jou Gemaak. ’n Nuwe lid sal eersdaags by die popgroep aansluit.

  • Lees Vrydag eksklusief in Huisgenoot hoekom Joe die groep verlaat het en wat sy toekomsplanne is.

– Christiaan Boonzaier