Maar die SABC-sportaanbieder en radiopersoonlikheid Romy Titus kan nou amper “ma” op haar CV byvoeg. Sy is opgewonde oor die nuwe reis na ouerskap.

Romy sal haar babadogter in April verwelkom, het sy eksklusief aan Huisgenoot gesê.

[caption id="attachment_170873" align="aligncenter" width="600"]Romy found out the sex of the baby at 20 weeks and is delighted about having a healthy baby girl. PHOTO: Supplied. FOTO: Verskaf[/caption]

“Dit was ’n genotvolle reis, met probleempies soos om ’n week lank siek te wees van gastro(-enteritis) en ’n drup te moes kry, want ek kon niks binnehou nie,” sê Romy, wat haar verhouding met die pa van haar baba uit die kollig wil hou.

“Maar dit was in die eerste trimester. Ek kon swem, voortgaan met my gewigoefeninge saam met my persoonlike afrigter, Pilates bywoon en reis – dit alles met ’n lewetjie wat binne-in my vroetel en vorm. Ek is regtig op elke manier op hierdie reis geseën.”

Al is dit ’n opwindende tyd, het dit ook beproewings meegebring. Die beeldskone brunet sê haar eerste trimester was die ergste deel van haar swangerskap. Sy moes ’n ekstra bykomstigheid saamdra: plastieksakke. Naarheid kon op enige plek en op enige tyd toeslaan – ook terwyl sy van vele sokkerstadions af regstreeks oor die radio verslag gelewer het.

“Dit het geen tyd of grense geken nie en ek moes met die stroom saamgaan . . . Dit was moeilik! Maar dis nou alles verby,” sê sy met ’n sug van verligting.

[caption id="attachment_170874" align="aligncenter" width="600"]Things aren't always as they seem. Romy admits to experiencing nausea even while live on TV as a sports presenter. PHOTO: Supplied. FOTO: Verskaf [/caption]

Hoogtepunte was daar ook – en daarvoor is sy die dankbaarste.

“Om ’n kind te kan baar moet die hoogtepunt wees, om gekies te word om ’n nuwe lewe te dra en dit te koester tot op die punt waar hulle die nes verlaat en vir hulself ’n weg gaan baan.

“In my joernalistieke loopbaan het ek so baie vroue ontmoet en mee onderhoude gevoer wat so ontneem gevoel het dat hulle nie kon kinders baar nie. En namate my maag groei, word ek aan daardie seëning herinner,” sê sy.

“Elke liewe hou of skop herinner my aan die wonder wat ’n baba is!”

[caption id="attachment_170877" align="aligncenter" width="600"]Baby is just under two months away and this mom-to-be already can't resist buying cute little outfits. PHOTO: Supplied FOTO: Verskaf[/caption]

Wat kos betref, sê Romy sy het geen vreemde ervarings gehad nie. Maar sy erken die een ding wat taamlik vinnig by die huis op raak, is Oros.

“Oros het my lewe geword! Ek oordoen dit. Ek het selfs al sover gegaan as om Oros-ysblokkies te maak – en dit by my Oros gevoeg. Daar’s niks lekkerder as ’n yskoue glas Oros in die hitte van die somer met Oros-ysblokkies terwyl jy swanger is nie.”

Al is dit maar haar eerste een dié, het Romy groot planne vir nog babas. Dit sluit aanneem in – iets waaroor sy al ’n ruk lank passievol is.

Maar terwyl sy nou vir haar prinsessie voorberei, sien sy eers uit na die dolle wêreld van ouerskap en ook om dalk haar vaste gewoontes te verslap.

“Ek is baie op roetine ingestel en ’n bietjie obsessief-kompulsief . . . so dit sal ’n uitdaging wees as goed nie op my manier verloop nie. Ek hoop om goed ’n bietjie meer net te aanvaar, maar die tugmeester in my sal nie weggaan nie . . . Ek dink ek sal taamlik streng wees, maar natuurlik met hope liefde,” sê sy.

Sy voeg by: “Ek is lief vir reis en kan nie wag om my reismaatjie saam te neem op uitstappies na die strand en buite die grense van Suid-Afrika nie.

“Ek wil hê sy moet die wêreld sien, kulture ervaar en besef die wêreld is groot en wyd en dat sy enigiets kan baasraak waarop sy haar instel. Ek kan nie wag om deur haar oë te herverken nie.”

[caption id="attachment_170878" align="aligncenter" width="600"]It's a whole new adventure for this lady in sport and she's super excited for it to begin. PHOTO: Supplied FOTO: Verskaf[/caption]

– Shanaaz Prince