Patty Sanchez het jare lank alles in haar vermoë gedoen om soveel moontlik gewig aan te sit omdat haar kêrel van haar kurwes en vetrolle gehou het.

Sy het tot 13 000 kalorieë per dag geëet en selfs saamgespeel met haar kêrel se obsessie om hom met haar volle gewig vas te druk of op hom te gaan lê. Hy het selfs mense gekry wat hom betaal het om haar te voer.

Lees ook: Hier is die geheim om gewig meer effektief af te skud en boonop af te hou

“Ek was reusagtig en het gevoel of ek ’n stadige dood sterf,” sê Patty, wat in haar 50’s is. “Ek het besef die voerderverhouding waarin ek was en die vasdrukkery het vir ander genot verskaf, maar nie vir myself nie.”

Tot hul paadjies geskei het en Patty al daarin kon slaag om 100 kg te verloor.

“Die gewigsverlies het baie daarmee te doen gehad dat ek en my eks uitmekaar is. Hy het my elke maaltyd gevoer en toe ons uitmekaar is, moes ek na myself kyk.”

Lees ook: Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

Toe Patty op haar vetste was, het sy haar dag begin met beskuitjies en sous, gebakte eiers, gebraaide aartappels, spek en lemoensap. Vir middagete sou sy weglê aan kitskos en gaskoeldrank en vir aandete ’n vier- of vyfgangmaaltyd met vleis, aartappels, macaroni en kaas, rys, brood en ystee.

“Op die laagtepunt van my lewe toe ek op my swaarste (327 kg) was, kon ek nie drie treë gee van my bed tot by die badkamer nie.”

Sy het haar dieet vervang met groente en vrugte, slaai, maer vleis en roerbraai-etes en doen gereeld ligte oefening.

Bronne: Dailymail.co.uk; Independent.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com

70-jarige pensioenaris skenk die lewe aan haar eersteling

Sewejarige seun wat sy hare aan kankerpasiënte skenk word self daarmee gediagnoseer

Herleef binnekort ons grootste sportoomblikke by die South African Sport Hall of Fame in Sun City

Kyk: Reuse-patat van byna 5 kg laat die tonge behoorlik klap!