“Dis asof die hout vir my fluister waar om te saag, bytel en verf. Dis ’n proses wat ek nie kan verduidelik nie,” vertel die 44-jarige Duitser Jürgen Lingl-Rebetez. Hy is in 1971 gebore op die Beierse dorpie Bad Tölz en het grootgeword op Dachau, wat ook berug is weens die volksmoord tydens die Tweede Wêreldoorlog op die Jode in die strafkampe. Maar Jürgen het nou met sy kuns vir die dorpie ’n nuwe soort bekendheid uitgebeitel.

Versamelaars dok derduisende euros op om sy diere, engele en naakfigure van hout saam huis toe te neem. Van kleins af het hy alles geteken of verf wat hy kon: diere, geboue, mense en landskappe. Ná sy skoolopleiding aan die Josef-Effner-Gimnasium het hy op die ouderdom van 20 sy eerste uitstalling in ’n galery op Dachau gehou. Nadat hy twee jaar diensplig verrig het, het hy as leerjonge van die houtbeeldhoumeester Hans-Joachim Seitfudem sy vernuf verfyn. In 1996 het hy Switserland toe getrek en meer onlangs na Frankryk. Hy is in 1997 getroud met Françoise Rebetez en ’n jaar later is hul dogter, Marie, gebore.

A photo posted by Mark (@overlandertv) on

“Sedertdien skep ek kuns wat lewe kry om my dogter en ander mense se verbeelding aan te gryp. Dis ’n wonderwerk om te sien watter uitwerking my skeppings op mense het. Ek respekteer die bome wat afgekap moet word vir my beelde. Hulle sterf om aan my visie lewe te gee.”

A photo posted by @muge.bolat on

Bronne: merkur.de, refletgraphics.be, adventursofyoo.com, sueddeutsche.de, nvdb