Die niksvermoedende dogtertjie, wat in Oklahoma woon, het oor die oond geleun om van haar tannie se kos te proe toe die oond ontplof en haar lewe vir altyd verander. “Die eerste ding wat ek gedoen het, was om uit (die huis) te hardloop en water op myself te gooi,” vertel Morenike Oshin (24) aan die Daily Mail. “As jy brand, is jy glo nie veronderstel om water op jou te gooi nie, maar ek het dit nie geweet nie. Die volgende ding wat ek onthou, is dat ek hospitaal toe geneem is. Ek dink nie daar is ’n manier om die pyn te beskryf nie.”

Sy het ernstige brandwonde opgedoen en dokters moes ’n skalpel gebruik om haar vel oop te sny omdat sy te erg verbrand was om haar op die gewone manier op ’n drup te plaas. En daarna het die jong meisie se lang en moeilike herstelpad voorgelê. Haar herstel het so lank geneem dat sy eers ’n jaar na die voorval terug skool toe is. Sy kon ook nie buite met haar vriende speel nie want dokters was nie seker hoe haar letsels op sonblootstelling sou reageer nie. “Ek was basies in my huis opgesluit omdat die wêreld duskant ons huis se hekke te vreesaanjaend was.”

Hope you are having a happy Monday! #biolascollection #happymonday

A photo posted by MorenikeAbiola Oshin (@biolascollection) on

Dinge het nie beter geraak toe sy terugkeer skool toe nie. Morenike se selfbeeld was aan skerwe omdat sy geterg en spot is en sy het haarself van die res van die wêreld afgesluit.
Maar dit het alles verander toe sy besluit om ’n modeblog href="http://biolascollection.blogspot.co.za/search?updated-max=2015-12-07T15:43:00-08:00&max-results=7&start=7&by-date=false">fashion blog in 2014 te begin. Sy het uiteindelik ’n platform gehad waar sy haar liefde vir skoene en modes kon uitleef. Die blog het positiewe reaksie ontlok en dit het haar selfbeeld ’n hupstoot gegee. “My blog het beslis met my selfvertroue gehelp. Dit het 18 jaar geneem om dit uit te pluis, maar ek het uiteindelik besef wat mense van my sê, is nie belangrik nie. Ek leef nou met my vel, maar ek kyk nooit juis daarna nie.”
Meer as ’n dekade na die voorval het sy nou ’n manier gevind om haar persoonlike reis te gebruik om ander te inspireer. Sy druk haar liefde vir die mode uit op Instagram en haar blog en wys haar littekens met trots. “Die reis was dalk pynlik, maar die bestemming is dalk die lekkerste!” skryf sy een in van haar motiverende inskrywings op Instagram.
Nog een lui: “Deur die littekens en als moet jy al daardie lekkerlag-oomblikke waar alles net ’n waas word heelhartig geniet en vreugde is dan al wat oorbly.”

Bronne: biolascollection.blogspot.co.za, dailymail.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com

Twee sterf, 32 gehospitaliseer ná talle jonges gewilde nuwe dwelm by partjie gebruik

Daar slaan Pastoor 007 se ‘swendelaar’ so waar as vet glo weer toe!

Kyk: Dodelike bruinslang kom sy moses teë . . . en dit teen ’n spinnekop!

Erik Holm: ‘As ek die glasvenster kan breek, sal ek weer loop’

Diana se dood 20 jaar gelede met nuwe gedenktuin gevier

Eers Boston, toe Parys, nou Brussel: Man oorleef glo al drie aanvalle