In sy laaste SMS het Corrie Sanders haar belowe hy is binnekort by haar huis.

Maar nege minute later het ’n rower se koeël dié Suid-Afrikaanse bokslegende en gewese wêreldkampioen noodlottig in die maag getref.

“Ek wou net daar wees toe hy daar gelê en so seer gehad het,” sê sy vriendin van die afgelope twee jaar.

Ek kan nie ophou wonder waaraan hy toe gedink het nie.”

Die trane loop oor Elsabé Gouws (44) se wange.

Corrie (46) is ure later in die Kalafonghospitaal buite Pretoria oorlede.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.