Wie ookal gesê het die lewe van ’n kind is eenvoudig, het duidelik nie die inskrywings in hierdie 7-jarige kind se dagboek gelees nie.

Madie Cardon is ’n 16-jarige hoërskoolleerder van Utah. Die tiener het roem ingeoes nadat sy brokkies van haar ou dagboek op haar Twitter-bladsy gedeel het.

"Ek het my dagboek wat ek vandag ek sewe is in skryf, gevind en ek wil doodgaan,” het die tiener se byskrifte by die foto’s gelui.

Met haar eerste vreesbevange inskrywing verklaar sy dat sy nie weet of sy “dit verder kan doen nie” en dat sy moontlik aan “depressie” ly.

Die rede vir haar ongelukkigheid?

"Riley, op wie ek ’n ogie het by die skool, het vandag ander meisies op die speelterrein rondgejaag!” verduidelik sy.

Lees ook: Hoe jy jou tiener kan help om eksamenstres die hoof te bied

"Ek dog hy hou van my. En raai net vir wie het hy gejaag! Jessica. Sy is so ’n losbol! Sy gee elke dag vir ten miste vyf seuns ’n drukkie! Ek is so kwaad vir haar.”

Dan beplan sy haar wraak.

"Ek dink ek gaan haar geheim vir Riley vertel. Sy dra optrekdoeke! As hy dit uitvind, gaan hy nie meer van haar hou nie.”

Die volgende dag, wat toevallig Valentynsdag was, het Madie gedeel dat haar “depressie” erger word. Sy en haar suster het heelnag wakkergebly om vir Riley ’n kaartjie te maak – maar haar plannetjie het misluk.

"Ek het dit in Riley se bank gesit voordat hy skool toe gekom het,” verduidelik sy.

"Toe hy by die skool kom, het hy in sy bank gekyk en my boksie gekry. Ek het anoniem daarop geskryf sodat hy nie sou weet dit kom van my af nie. Nadat hy daarna gekyk het (het hy) dit dadelik weggegooi. Ek huil nog steeds. Ek is depressief.”

Asof haar hart nie stukkend genoeg was nie, was die volgende dag “die vreeslikste dag ooit”.

Lees ook: Jongmense, dit is waarom jy vandag al moet begin spaar "Riley het vir my gesê hy hou van Jessica. Ek is klaar met seuns. Ek wil hulle almal doodmaak, “ het sy geskryf, met ’n redelik beskrywende illustrasie daarby. Sedert die skreeusnaakse twiet ’n paar dae gelede geplaas is, is dit meer as 27 700 keer gedeel. "Het die klein losbol gekry,” het Madie in ’n ander twiet geskryf en ’n skermgreep van Jess se Instagram-rekening gewys.

En dit kom voor asof die internet daarin geslaag het om die "Greatest PLAYA 2008" op te spoor.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Dis winter, dit is hoe jy seker maak jou geiser trotseer die koue

Is dit dalk die uitspattigste en vreemdste pizzas ter wêreld?

En die 1ste wenner van The Voice SA is . . .

Beursie-held hartlik vir sy goeie daad beloon