Die klein mannetjie se ma, prinses Kate, het oor die naweek laat blyk dat hy vir mense vertel hy is drie in plaas van twee.

George het 22 Julie twee geword.

Dit het alles Sondag by die Land Rover Ben Ainslie Racing-hoofkwartiere in Posrtmouth aan die lig gekom toe die tweejarige Freddie Wilson homself aan Kate voorgestel het.

Kate en haar man, prins William, het die besoek gedoen om die Olimpiese seiljagheld, Sir Ben Ainslie, voorspoed toe te wens in die America’s Cup.

Freddie is die spanafrigter, Rob Wilson, se seun.

Sy ma, Wendy Maxwell, sê toe Kate vir Freddie gevra het hoe oud hy is, het hy het geantwoord ‘Ek is drie.’ Toe ek noem dat hy eintlik twee is het prinses Kate gesê George sê dit ook. ‘Hy dink hy is ouer.’”

Bronne: www.mirror.co.uk en www.people.com