’n Mens het al gehoor van ’n boodskap in ’n bottel, maar ’n boodskap in ’n kaggel?

’n Man van Manchester, Engeland, het onlangs die verrassende ontdekking gemaak toe hy die vloer in sy kamer vervang.

Toe kontrakteurs ’n ongebruikte kaggel in Alex Moss se kamer oopmaak, het hulle ’n grillerige nota – wat al 15 jaar daar was – binne gevind.

“Hallo, welkom in my kamer. Dis 2001 en ek versier hierdie kamer,” lui die briefie. En dan nog meer sinister. “Hoop jy geniet jou lewe. En onthou, ek sal jou altyd dophou!” Nog vreemder is dat die skrywer besluit het om die briefie af te sluit met woord “L8SERS”, gevolg deur sy naam, Darren Lucas. Ondanks die feit dat Darren duidelik nie enige rede gehad het om die boodskap vir iemand te los om te vind nie, was Alex steeds genoeg geboei om hom te probeer opspoor. Hy het ’n foto van die briefie op sosiale media onder die hutsteken #finddarrenlucas geplaas.

En binne ’n paar uur het hy Darren opgespoor. En dit klink of Darren mooi herinnerings van sy tyd in die huis het.
Hulle het kort daarna begin gesels oor hul gedeelde belangstelling en Darren het selfs vir Alex gesê hy kan uitsien na ’n pragtige tuin in die somer.
Alex, direkteur van ’n aanlyn agentskap, het gesê: “Ja, ek kan bloeisels in die tuin sien. Moet ek vir jou ’n foto van die kamer stuur as dit voltooi is of gaan dit ’n bietjie vreemd wees?” Maar Darren het gesê dit sal hom emosioneel maak om te sien hoe die huis verander het. Hy het langer as twee dekades saam met sy familie daar gewoon.
Hy het getwiet: “Ek hoop julle geniet die huis nes ons dit geniet het. Ons het wonderlike partytjies daar gehad. Die familie het 20 jaar daar gebly. Dit was emosioneel om te gaan. Ek sal aan die herinnerings vashou wat ek van die huis het. Maar dankie in elk geval.” En heel sinister eindig Darren die gesprek af:

O jitte.

Bronne: Twitter, Metro, Mirror.co.uk

Lees ook op Huisgenoot.com:

George-man kry 37 keer lewenslange tronkstraf ná hy dogter se maats verkrag

Kyk watter sangeres verjaar vandag!

Só gaan dit deesdae met Ben en Jen

Avonturier Riaan Manser se Vasti beleef teëspoed tydens Cape Epic

Almal se gunsteling-‘prinses’ binnekort weer op die silwerdoek

Inge Lotz-moord spook elf jaar later nog

Oefening douvoordag hou jou viets

Taylor Swift en Calvin Harris al te danig op tropiese eiland