“Geen liefde is sterker as dié van ’n ma vir haar seun nie,” het ’n emosionele Madonna gesê toe sy verlede Vrydag tydens die Nieu-Seeland-skof van haar Rebel Heart-wêreldtoer op die verhoog stap.

A photo posted by Madonna (@madonna) on

Sy het toe haar lied La Vie en Rose aan haar seun Rocco opgedra en gesê: “Ek hoop hy hoor dit iewers en weet hoe baie ek hom mis.”

Die Like a Virgin-sangeres en ma van vier het eindelik haar eksman, die rolprentmaker Guy Ritchie, die stryd gewonne gegee oor toesig oor hul 15-jarige seun, Rocco.

Die onenigheid het in Desember begin nadat Rocco by Madge se wêreldtoer weg is om by sy pa in Brittanje te wees – en dit ná ’n rusie oor ’n selfoon. Die tiener het hom nie aan sy ma se pleidooie gesteur nie. Hy het ook ’n bevel van ’n hof in New York geïgnoreer dat hy teen Kersfees by die huis moes wees. Toe Madonna vra wanneer haar seun terugkeer, het Guy nie geantwoord nie. Die sangeres nader toe ’n hof in Manhattan waar hul toesigreëlings getref is ná hul egskeiding in 2008. Die regter het die tiener opdrag gegee om terug te keer huis toe. En ondanks ’n beroep op die Den Haag-konvensie, wat in sake van kinderontvoering aangewend word, en daaropvolgende versoeke aan die hof, het Guy se prokureurs verhoed dat Rocco terugkeer en die tiener se reg beskerm om self te besluit waar hy wil bly.

A photo posted by Madonna (@madonna) on

Die 47-jarige regisseur – aan wie ’n egskeidingskikking van £50 miljoen toegeken is, insluitend die plattelandse landgoed Wiltshire in Ashcombe – beweer sy seun het “sy ruimte en vryheid nodig”.

Dit lyk egter of Rocco reg is om vir goed by sy pa te bly. Hy is nou by ’n privaat skool in Noord-Londen ingeskryf.

Maar die bitter toesigstryd het ’n reuse-invloed op Madge; veral haar vertonings ly glo daaronder. Sy raak glo tranerig op die verhoog, tier oor haar eksman en maak emosionele plasings op Instagram.

Bronne: Daily Mail; Mirror

Lees ook op Huisgenoot.com:

Vierjarige seun van Roodepoort gee eerste treë op herstelpad

Kyk om watter roerende rede speel die Bulls in pienk

‘Celeste, ek het nooit jou kind uit jou arms gevat nie,’ sê Zephany se grootmaakma in hof

Jy sal nie glo by watter gewilde Afrikaanse sangeres het die ooievaar kom kuier nie!