Met sy gejelde jare en modieuse jeans lyk Julius Meyer (23) soos enige ander sorgelose student. Maar bekyk jy hom stip, sien jy hoe klem hy sy boeksak vas en probeer hom onopsigtelik hou tussen die ander studente by die kollege aan die Oos-Rand.

Hy is groot en gespierd, maar hy praat met ’n fluisterstem. Hy het gewoond geraak aan wegkruip. Dan gebeur dit tog: ’n Paartjie herken hom en begin hom opgewonde bespreek. Hy is immers die mens wat ander die afgelope twee maande gesê het die 18-jarige Anika Smit van Pretoria vermoor en haar hande afgekap het (Ma vertel: My kind se hande afgekap, 26 Maart).

Dit was alles oor ’n toevallige – en hoogs ongelukkige – opmerking wat hy op die kletswerf Facebook gemaak het en wat toe sy lewe twee maande lank ’n lewende hel gemaak het. Nou, eindelik, was iemand anders in die hof en daardie wolk kan dalk begin lig...

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 27 Mei 2010.