Toe haar oom (35) sy 11-jarige seun een aand kort voor middernag met potblou oë en ’n geswelde gesig by hul huis op Warden in die Vrystaat aanbring, het Rina (‘n skuilnaam) dadelik geweet dis nie waar dat sy 16-jarige suster hom geboks het soos die seun en sy ouers vertel het nie. Nog minder het maats hom geslaan, soos sy pa vroeër oor die telefoon gesê het.

Sy het immers geweet wat aangaan tussen die rooibaksteenmure van die huis in Springs wat nou as “die huis van gruwels” bekendstaan, die huis waarin ’n “monster-pa” glo sy vrou (35) en vyf kinders jare lank aangehou, aangerand en gemartel het. Want Rina (18) het verlede jaar self agt maande daar gewoon.

Daar was baie geweld in die huis, sê sy, maar voeg by: “Ek sal dit nie mishandeling noem nie.”

LEES MEER IN DIE HUISGENOOT VAN 12 JUNIE – TANS OP DIE RAK.

12jun