Amalie Pelser (55) van Delmas in Mpumalanga was vyf jaar oud toe haar ma dood is en sy by haar oupa en ouma in die Kaap gaan woon het.

[caption id="attachment_163599" align="aligncenter" width="600"]Onderskrif: Die sibbe toe hulle kinders was: Amalie (4), Hasie (10), Bina (11) en Paul (13). Paul is reeds oorlede. Foto verskaf. Die sibbe toe hulle kinders was: Amalie (4), Hasie (10), Bina (11) en Paul (13). Paul is reeds oorlede. Foto verskaf.[/caption]

Sy het nooit weer haar stiefpa of -sibbe gesien nie. Vroeg vanjaar het sy met die hulp van ’n tante een van haar niggies opgespoor en dié het vir haar ’n skakel na haar broer se Facebook-blad gestuur.

Nadat hulle telefonies kontak gemaak het, het Amalie en haar man, Fred, die lang pad aangepak Namibië toe.

“Ons is verlede Vrydag 02:00 uit Delmas weg en het 18:00 in Gobabis by my stiefbroer, Carl Heinz Witt, of Bina soos die familie hom noem, en sy vrou, Yvonne, aangekom.

[caption id="attachment_163605" align="aligncenter" width="600"]Amalie en Bina (foto verskaf). Amalie en Bina (foto verskaf).[/caption]

“Die trane het geloop! Ek het hom só styf vasgehou . . .” vertel Amalie. Yvonne was in ekstase om haar skoonsuster te ontmoet.

Hulle het lekker gesels en gekuier voor Yvonne en Fred 660 km verder gery het Grootfontein toe om haar stiefsuster, Veronica Barkhuizen (wat sy uit haar kinderjare as Lala onthou), te ontmoet. Hulle het drie dae daar gekuier.

[caption id="attachment_163607" align="aligncenter" width="600"]Amalie en Lalla (foto verskaf). Amalie en Lalla (foto verskaf).[/caption]

Daarna is hulle vir drie dae na haar ander broer, Hasie, en sy verloofde, Martie.

[caption id="attachment_163609" align="aligncenter" width="600"]Amalie en Hasie (foto verskaf). Amalie en Hasie (foto verskaf).[/caption]

“Dit was hartseer om weer in die omgewing te wees, want laas toe ek daar was, is toe ek daar weg is,” sê Amalie.

Sy het ook haar ouers, Alice en Paul Witt, se grafte die eerste keer besoek.

“Dit was baie hartseer, maar ek is so bly ek het weer my familie gesien. Ons almal het ons voorgeneem om nie weer kontak te verloor nie,” het Amalie gesê.