Janez Vermeiren het, soos die meeste versotte pa’s, beplan om hope pret saam met sy kinders tydens die afgelope Vadersdagnaweek te hê. Dit het egter ná ’n springmat-ongeluk met sy tweejarige seun, Vincent, in ’n ‘Vadersdag-nagmerrie’ ontaard. Janez, wat saam met sy vrou Juliana ook die ouer is van die twee-maande oue Noah, het ’n skokkende foto van die normaalweg lawaaierige kleinding wat ná die ongeluk op ’n hospitaalbed lê, gedeel. Janez is ook pa van Matisse (12).

In die onderskrif het hy verduidelik hoe hy en Vincent Saterdag op die springmat gespring het, en hoe hy toe per ongeluk die kleuter laat struikel het. As gevolg van die val het Vincent op sy kop beland, wat sy nek na agter gebuig het. Daarom waarsku Janez alle ouers met springmatte dat dit baie gevaarlik kan wees. Hierdie pa-van-drie het erken dat hy gedink het sy seun is verlam as gevolg van hom.
Janez vertel dat hy verpletter was toe hy na die hospitaal gejaag het om nek- en breinskanderings op sy seun te laat doen. Gelukkig was sy seun buite gevaar, maar dit kon baie anders geëindig het. Hy sê dat hy so ’n waardevolle les geleer het en dat hy dankbaar is dat God Sy hand oor hulle gehou het. Vadersdag het amper ontaard in sy grootste nagmerrie. Ons is so bly klein Vincent het nie enige skade opgedoen nie, Janez!