Jayde is op 21 April 2015 ontvoer. Haar lyk is die volgende dag in ’n veld gekry.

Hy moes soms hard teen die trane stry terwyl hy getuig het oor sy verhouding met sy skoonseun voor sy dogter se moord. Lees ook: Jayde se laaste oomblikke in grafiese uitbeeldings aan hof gewys "Hy was 'n vriend van my en ek het gedog hy's 'n goeie mens," het hy getuig.

Derrick het ook genoem dat hy Christopher as sy eie seun beskou het. Daarom het hy hom nooit laat betaal vir werk wat hy by die Infinity-kroeg gedoen het nie. Hy was behulpsaam met die staalstruktuur wat gebou moes word. Lees ook: Christopher Panayiotou het glo niks met sy vrou se moord te doen nie Luidens berigte het hy Panayiotou tydens sy getuienis deurentyd in die oë gestaar. Op sy beurt het Christopher oogkontak vermy.

Derrick getuig Christopher het hom genader om uit te vind of hy in die muntstuk- en dobbelmasjiene sou wou belê. Daar is glo op geen vasgestelde bedrag besluit nie. Derrick sou na bewering wel belanggestel het, op die lange duur. Op 14 Augustus 2014 is R40 000 uit Derrick se bankrekening onttrek. Hy het genoem dat dit geld was wat Jayde sou leen om 'n motorpaaiement af te betaal. Hierna het emosie hom oorweldig en het hy weer begin huil.
Op 17 Maart 2015 is 'n bedrag van R100 000 van Jayde se ma se rekening na hare oorgeplaas. Dié geld sou na bewering aangewend word vir die oordragskoste van die paartjie se huis in Lovemore Heights.
Jayde het glo aangedui dat hulle die geld nodig het en haar ouers het besluit om hulle die geld te gee. Die volgende dag is nog R100 000 uit Derrick se rekening onttrek. Jayde sou nog 'n lening gevra het. Dié lening sou Jayde glo terugbetaal wanneer sy kon.
Derrick was ook teenwoordig toe op 21 April na die verskeie OTM’s gegaan is waar Jayde se bankkaart gebruik is. Hy dui aan dat hulle teen tienuur die aand nog by 'n OTM was waar hy voorgestel het hulle gaan drink 'n koppie koffie. Christopher was by. Omstreeks eenuur die oggend van 22 April het hy gesê dat hy na Infinity gaan om die uitsmyter (Siyoni) te gaan haal, want "hy ken die omgewing (Njoli Square)". Derrick en sy vriende het bly soek by die OTM’s. Hulle het besluit om Christopher by Njoli Square te ontmoet.

Daar is toe besluit om huiswaarts te keer, waar Christopher in Jayde se bed sou oorslaap.