KAAPSTAD – .

Clive is 20 jaar gevangenisstraf opgelê vir die moord van voedingkundige Annchen Ferreira (31) in Milnerton twee jaar gelede. Vyf jaar van sy vonnis is opgeskort vir vyf jaar, onderhewig aan verskeie voorwaardes.

Terwyl hy om verskoning gevra het, het Clive (45) na die geraamde foto van Annchen gestaar wat naby regter Gayaat Salie-Hlophe was.

"Hy was verpletter toe sy hul verhouding beeïndig het"

"Ek weet die verskoning gaan haar nie terugbring nie, maar ek wil hulle laat weet dat ek, terwyl ek in die gevangenis gaan wees, myself gaan regruk en ‘n beter mens daaruit gaan kom,” het hy gesê.

Regter Salie-Hlophe het geantwoord: "Dankie. Daar word kennis van geneem en alles van die beste vir jou.”

Volgens Clive het hy Annchen as baie liefdevol en vol deernis ervaar. Sy was sensitief wat sy onsekerhede en vrees vir verwerping betref daardie tyd betref het.

Hy was verpletter toe sy hul verhouding beeïndig het omdat sy ‘haar ouers se wense wou respekteer.”

Op 25 Mei 2013 het hy vir die eerste keer in drie jaar gedrink en met Annchen argumenteer.

"Die oorledene het ... na een van die kinders se kamers gehardloop waar ek haar aan die nek gegryp het en met my hande verwurg het.”

Voor Clive uit die hofsaal gelei is, het die regter Annchen se ouers aangespreek: “Dis ‘n hartseer dag vir julle as ouers. Ek kan my nie die seer indink wat julle moes ervaar het met die verlies van jul dogter nie. Ek hoop vandag dat julle eindelik dit in julleself kan vind om haar lewe te vier.”

Bron: News24