Dis nie die superster se eerste draai in die land nie, maar hy’t nog baie dinge op sy SA-doenlysie!

[caption id="attachment_122633" align="alignnone" width="604"]Foto: Instagram Foto: Instagram[/caption]

Josh Groban, wat pas in die Moederstad geland het, het tyd uit sy besige toerskedule geneem om met Huisgenoot te gesels oor wat hy gaan doen tydens die Kaapse been van sy toer in Suid-Afrika – en hy gesels ook oor hoeveel sy plaaslike aanhangers vir hom beteken.

Is dit lekker om in die Kaap te wees?

Absoluut! Ek voel lekker vlugvoos en moeg, want ons het lank gereis, maar die oomblik toe ek land en Tafelberg sien, het ek beter gevoel; ek voel skielik wakker.

Beplan jy om dié keer enigiets anders in Suid-Afrika te doen? Ek wil beslis gaan haaihokduik. ’n Mens leef tog net een keer, nie waar nie? Ek wil ook graag Stellenbosch besoek. Ek is mal oor wyn en het gehoor dis ’n mooi plek. Wie weet, dalk doen ek sommer albei: koop wyn en spring in ’n haaihok! Dalk gee die wyn vir my die nodige woema! Lees ook: Hugh Jackman maak lieflike huldeblyk aan sy vrou op hul 20ste huweliksherdenking

Good morning Cape Town you great beauty. See you tonight (and tomorrow night).

A photo posted by Josh Groban (@joshgroban) on

Jy was al in Suid-Afrika. Wat is jou beste herinnerings?

Vir ’n ou van Los Angeles om selfs net die geleentheid te kry om ’n plek soos Suid-Afrika aan die anderkant van die wêreld te besoek, is iets besonders.

En om dan te ervaar hoe die mense van Suid-Afrika my soveel liefde as musikant betoon en my musiek steun, is net ongelooflik. En dis vir my lekker om daardie liefde terug te gee. Die beste van my eerste besoek was om die kultuur en musiek te ervaar. Ek was in Soweto, het Nelson Mandela ontmoet, het by sy 46664-veldtog betrokke geraak en eerstehands die wonderlike werk ervaar wat die Nelson Mandela-stigting doen. Op musikale vlak was die land ook uiters inspirerend en daar was Suid-Afrikaanse musiek-invloede op die album Awake wat ek ná my besoek opgeneem het.

Het jy enige Afrikaans op jou besoek geleer?

Nee, ek het nie, maar ek sal graag ’n bietjie wil leer sodat ek dit op die verhoog kan gebruik.

Lees ook: Van kaalvoet-kannetjie tot Bokke se ‘coach’: So het Allister Coetzee se loopbaan verloop Het jy plaaslike kosse beproef waarvan jy gehou het? Ek’s regtig mal oor die vars seekos hier! Ek het ook springbok geëet en dit was lekker (ek het sleg gevoel dat ek julle nasionale dier eet, maar dit was so lekker!) en ek het ook volstruis geniet.

21 hours flying and 12 years later, so glad to be back. See you tomorrow night. #stages #southafricatour

A photo posted by Josh Groban (@joshgroban) on

Wat dink jy sou jy gedoen het as jy nie ’n sanger was nie?

Dis vir my interessant, want ek is al my lewe lank in musiek verdiep en voel ek het oogklappe aan. Maar ek is mal oor diere, hoewel ek nou net gesê het ek het springbok geëet, en geneeskunde en wetenskap het my nog altyd geboei; dus dink ek ek sou ’n veearts gewees het.

Ek was ook as kind mal oor James Herriot se boeke (die Britse skrywer het oor sy werk as veearts geskryf) en wanneer ’n troeteldier vreemd opgetree het, was ek altyd die eerste wat gaan kyk het wat skort.

Wat was jou grootste musiek-invloede as kind?

Ek was gelukkig dat my ouers musiekliefhebbers was en my aan baie ouer, sielvolle sangers soos Tony Bennet, Peter Gabriel en Blood Sweat and Tears bekendgestel het. Ek onthou ek het na Paul Simon geluister, wie se musiek ook deur die Suid-Afrikaanse kultuur geïnspireer is.

Watter hedendaagse kunstenaars se musiek is op jou iPod? Is daar enige popmusiek waaroor jy heimlik skaam kry op jou speellysie?

(Hy lag.) Ek belowe ek het nie die jongste Justin Bieber-liedjie op my iPod nie! Ek hou van kunstenaars soos Alabama Shakes en Lukas Graham. Ek probeer nuwe musiek kry op die verskillende plekke waarheen ek reis. Ek is op die oomblik versot op groepe soos Room Full of Tears. Hul musiek is kalmerend en dis lekker om dit as ’n soort meditasie te luister voor ek op die verhoog klim. Wat was tot dusver die hoogtepunte van jou Stages-toer? Ek dink die gevoel wat die toer my gee van ’n kringloop wat voltooi word, is wonderlik. Ek het hierdie liedjies as agtjarige in my kamer gesing en nou sing ek dit vir mense wêreldwyd. Ek voel weer soos ’n agtjarige en dis ’n baie seldsame, pragtige ervaring waarvoor ek innig dankbaar is.

Het jy al enige vreemde, vreesaanjaende of snaakse ervaringe met aanhangers gehad?

Dis vir my lekker dat jy op die ou end ’n ware band met jou aanhangers het wat niks met musiek te make het nie. Hulle stel byvoorbeeld belang in jou liefdadigheidswerk en sal jou daaroor twiet en met jou gesels oor ander dinge as musiek. Maar die vreemdste is wanneer ’n aanhanger ’n tatoe kry.

Tatoes is permanent; as iemand dus ’n tatoe kry, voel ek daar is druk om vir altyd beroemd te bly, net om daardie persoon se onthalwe!

– Lindsay de Freitas

Ander stories op Huisgenoot.com

Kleuter in die pad veroorsaak ontstellende vragmotorongeluk

Klop só lag-lag jou hoofpyn

Gucci-advertensie verbied oor ‘ongesond maer’ model

‘Vet Vincent’ die worshond skud die kilo’s af – en jou troeteldier kan ook

102-jarige vrou stralend oor graad wat sy ontvang 60 jaar nadat sy daarmee begin het

Aantal tiere wêreldwyd styg eerste keer in ? eeu

Hulp vir deurmekaar kiesers ná adres-SMS oor munispale verkiesing