Hy was doodseker dis sy laaste dag op aarde. Op pad hospitaal toe het hy die kinders gebel om te se^ hulle moet kom, dis tyd. Hulle het om sy bed vergader en hy het sy laaste opdragte uitgedeel: Kyk mooi na jul ma, sorg vir die mense wat vir my werk, hou die droom aan die lewe. En toe voel hy weer benoud, asof iets onsigbaars op sy bors druk, en verloor sy bewussyn.

Daardie dag vroeg in September het die sanger Fredi Nest twee hartaanvalle gehad. Net ’n paar dae later, terwyl die dokters by die Steve Biko-staatshospitaal in Pretoria besig was om ’n angiogram op hom uit te voer, het hy ’n derde een gehad.

Maar vandag, skaars drie weke later, voel hy weer perdfris. “Ek voel eintlik beter as voor die hartaanvalle en kan nie wag om weer op die verhoog te klim nie,” se^ hy en neem ’n klein happie melktert.

Alet van Zyl se onderhoud met Fredi verskyn in Huisgenoot, 11 Oktober 2012. Daar's ook meer inligting oor hoe om 'n hartaanval te behandel en hoe dit gebeur.