Almal het gedink al my varkies is nie op hok nie toe ek een oggend opstaan en aankondig ek gaan 17 000 muffins bak, maar darem nie alles op een slag nie!

Verlede Oktober het ek en my dogter Jesse (19) die eerste klompie uit die oond gehaal en sedertdien het ons al 5 800 muffins gebak om geld in te samel.

Sy is gehoorgestremd gebore en is doof in haar linkeroor. Op vyf het sy haar gehoor in die regteroor begin verloor en vandag het sy net 20 persent oor.

Haar huidige gehoorapparaat is 12 jaar oud en moet vervang word.

Sonder ’n nuwe een sal haar gehoor verder agteruitgaan. ’n Nuwe toestel kos R27 000, geld wat nie sommer aan bossies in ons agterplaas groei nie.

Vir meer inligting klik hier.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.