[caption id="attachment_127879" align="aligncenter" width="600"]Adam Barnard (Foto: Maree Nel) Adam Barnard (Foto: Maree Nel)[/caption]

Adam het in Oktober behandeling in die hospitaal ontvang sowel as ’n reeks behandelings by ’n kliniek, maar destyds was sy liggaam nog nie gereed vir die operasie wat vir verlede maand beplan is nie. Dis toe onbepaald uitgestel.

Nie net het sy liggaam so goed op die behandeling gereageer dat hy nou na ’n ander hospitaal verskuif is om sy rehabilitasie voort te sit nie; hy en sy sangmaat, Henri Scott, het ook gehoor hulle is benoem vir ’n Ghoema-musiekprys.

Hul album Hallelujah SA is in die kategorie Beste Geestelike Album benoem.

Henri sê nadat toetse op Adam gedoen is, het sy dokterspan Guillain-Barrésindroom by hom gediagnoseer. Hy ondervind ook neuropatiese simptome.

“Hy is nou geskuif na ’n ander hospitaal waar hy geen behandeling meer sal ontvang nie, maar net rehabilitasie van die liggaam,” vertel Henri. “Die rehabilitasie is om hom sterker te maak.”

Henri sê hulle is baie dankbaar vir die Ghoema-benoeming, want dit is vir ’n kunstenaar lekker om erkenning te kry vir al die harde werk wat hy in sy loopbaan ploeg.

’n Vriend wat ook ’n groot grapjas is, het hom gebel met die nuus, vertel Henri.

“Ek het hom eers nie geglo nie en gedink hy trek my been!”

Die Ghoema-prysuitdeling vind op 23 April plaas.