Eitam Lachover, van Channel 1 in Israel, het ’n insetsel aangebied oor beskermende drag toe hy besluit om dit te beproef.

“Ek is verantwoordelik vir jou veiligheid en as iets gebeur, sal ek na jou omsien,” sê die demonstreerder in die video aan hom.

Maar sake het kort daarna skeefgeloop toe die mes die frokkie deurdring. Die vervaardiger FMS Enterprises het op die voorval gereageer deur te ontken dat die mes die frokkie gepenetreer het.

“Die verslaggewer het tydens die demonstrasie beweeg en die ‘steker’ het die frokkie misgesteek. Die verslaggewer is ’n entjie bokant die frokkie gesteek,” het FMS Enterprises in ’n verklaring gesê.

“Ons materiaal is in laboratoriums wêreldwyd getoets en het aan die strengste standaarde voldoen, heelwat sterker as ’n mens se steekvermoë.”

Eitam het gelukkig met net ’n “geringe wond” daarvan afgekom. “Oppervlakkige wond, ’n paar steke en huis toe gestuur,” het hy in Hebreeus getwiet. “Dankie aan almal wat hul kommer uitgespreek het!”

Bronne: cnn.com, distractify.com

Lees ook:

Netflix in SA: oneindige programme met die druk van ’n knoppie

40 jaar later: ’n Terugblik na TV se babatreë