[caption id="attachment_127261" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Die hoofredes vir die skerp styging is die volgehoue opwaartse mars van internasionale petroleumpryse en die verswakkende rand-dollar-wisselkoers.

Verlede maand het petrol 95 (ULP en LRP) met 88 s/l gestyg en 93 (ULP en LRP) met 86 s/l.

Die maksimum kleinhandelprys vir LP-gas sal ook met 98 sent per kilogram styg.

Lees ook: Die wrede wipplankryery van brandstofpryse – so kan jy bespaar

Die Automobielvereniging (AA) het Vrydag gemaan motoriste moet hulle staal vir verdere skerp verhogings in die komende maande.

Die kombinasie van sterker oliepryse en ’n swakker rand het die verbruiker aan die volle mag van olie se krag blootgestel, het die AA gesê.

Maandag het die rand laer verhandel teen R15,76 teen die dollar en Brent-ruolie met die $50-merk geflikflooi teen $49,74 per vat. Donderdag het die wêreld-oliepryse die $50 per vat kerf vir die eerste keer in meer as ses maande oortref, te midde van tekens dat die ooraanbod einde se kant toe staan.

Lees ook: Jongmense, dit is waarom jy vandag al moet begin spaar

Die departement van energie het Maandag in ’n verklaring gesê die verswakking van die rand teen die Amerikaanse dollar het die bydrae tot die basiese brandstofpryse op petrol, diesel en paraffien met onderskeidelik 22.1c/l, 20.65c/l en 20.39c/l laat toeneem.

“Die gemiddelde rand/dollar-wisselkoers vir die tydperk 29 April 2016 tot 26 Mei 2016 was 15,2048 in vergelyking met 14,6477 gedurende die vorige tydperk,” het die departement gesê.

Die AA het sy kommer uitgespreek oor die bestendige styging in oliepryse met die huidige swak rand, ondanks die internasionale mening dat die wêreldwye ooraanbod kan beteken dat pryse verminder.

“Met die swak ekonomie in Suid-Afrika is ons bekommerd dat selfs as oliepryse matig is, dat verdere afname in die rand dié voordeel sal oorskadu. Dit is dus moontlik dat brandstofpryse nuwe hoogtes in die komende maande kan bereik en verdere druk op verbruikers kan plaas,” het die AA gesê.

Bron: Fin24

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer

Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco!

Gert van Rooyen: ‘Slagoffer’ verbreek stilte ná 39 jaar

‘Ek is so dankbaar’: Vrou wat 18 jaar gelede uit brandende gebou gered is, herenig met haar redder