Die aksyns op ’n pakkie met 20 sigarette sal byvoorbeeld met 6,7 persent styg van R12,43 tot R13,24 en dié op ’n blikkie bier van 340 ml styg met 8,5 persent van 124c tot 135c.

begroting

Die prys van 1 L wyn styg met 8 persent (24c), 1 L vonkelwyn sal 8 persent (78c) duurder wees en sterk drank is 8,2 persent (394c vir ’n 750 ml-bottel) duurder. Die aksyns op sider en alkoholiese vrugtedrankies styg met 8,5 persent (R6,21 per 1 L). Sigaarrokers sal 6,7 persent meer (R4,68 vir 23g) en pyprokers 7 persent meer (27c vir 25 g) moet opdok.

Lees ook: Rooiwyn is toe nie so gesond as wat jy dalk gedink het nie

Die belastingkoers op die prys van alkoholiese drankies het inflasie sedert 2002 oortref. Die begroting vir 2016 het dié tendens voortgesit met verhogings van tussen 6,7 persent en 8,5 persent. ’n Nuwe kategorie aksyns word voorgestel op gemengde graangefermenteerde drank (soos drank gemaak van mielies) wat ’n alkoholinhoud van tussen 2,5 tot 9 persent het. Dit sal teen dieselfde koers belas word as bier.

Historiese veranderinge in aksynsstruktuur en regulatoriese vereistes het daartoe gelei dat brandewyn aan die kortste ent trek vergeleke met ander sterk drank. Om die speelveld gelyk te maak, stel die regering 10 persent laer aksynsbelasting voor op stookketel- en oesjaarbrandewyn, gegrond op die liter absolute alkohol-inhoud. Dit sal oor die volgende twee jaar ingefaseer word.

Die aksyns op vonkelwyn het die afgelope paar jaar baie skerper as inflasie gestyg, grootliks weens duur ingevoerde sjampanje. Gevolglik het die verskil tussen die aksyns op vonkelwyn en gewone wyn wesenlik verhoog.

Lees ook: E-sigarette moontlik meer skadelik vir jou ongebore baba as gewone tabak

Daar word voorgestel dat die huidige verskil tussen die aksyns op natuurlike en vonkelwyn in stand gehou word deur die aksyns op vonkelwyn 3,2 keer meer as dié van natuurlike onversterkte wyn te maak.

Lees ook: Passiewe rook hou groot risiko’s in vir vroue

Die aksynsaanpassings vir sigarette, tabaksigarette en pyptabak kan toegeskryf word aan inflasieverwante verhogings vir die gewildste handelsmerke in elke kategorie. ’n Oorsig van tabakprodukbelasting sal begin in 2016/17, en beide bestaande en nie-tradisionele tabakprodukte en hul alternatiewe, soos e-sigarette, sal oorweeg word.

Bron: News24

LEES DIE VOLLEDIGE BEGROTINGSREDE

Ander stories op Huisgenoot.com

Twee mans ernstig beseer ná volstruis, perd hul in Vrystaat aanval

Derick Hougaard: ‘Daar is geen skaamte om ’n gebreekte man te wees nie’

Is Daniel Craig klaar met Bond?

Dapper kankerlyertjie skitter op New Yorkse modeplank Het jy sonde met die bure? Hier’s raad

Twitterati lig die hoogtepunte van die begrotingsrede uit: