Sukkel jy met ’n probleemvel?

Byegif-terapie is al jare lank ’n witwarm onderwerp in die skoonheidsbedryf en word deur menige mens in die buiteland gebruik om onder meer ontsteking en ongewenste merke in hul gesig te behandel.

Boonop steun navorsing die voordele van byegif vir jou liggaam elke jaar net nog meer, wat op sigself derduisende mense oortuig om hulself tot hierdie natuurlike (en pynlike) bron te wend.

Een van hierdie mense is die blondekop aktrise Gwyneth Paltrow. Gwyneth het onlangs aan die New York Times gesê sy het ook al hierdie terapie gebruik, alles in ’n poging om die perfekte vel te kry. Lees ook: Jennifer Aniston het haar skoonheidslesse op die harde manier geleer ? “Ek is ontvanklik vir alles en is al doelbewus gesteek deur bye. Dit is ’n eeue oue gebruik wat eintlik wonderlik is as ’n mens daaroor gaan nalees. Maar dis vreeslik seer.”

Byegif-terapie is die kuns om byeprodukte te gebuik om jou energie te beheer en om jou liggaamsfunksies te steun. Alles van die bye word gebruik – van die heuning tot die gif.

Studies toon dat byeprodukte help om die immuunstelsel te versterk, om kanker en Alzheimersiekte te beheer asook veelvuldige sklerose en artritis.

Die bakterieë in die bye se maag kan selfs dien as ’n soort antibiotikum.

Byegif-terapie is presies wat dit sê: Bye steek die persoon in ’n beheerde omgewing. Studies toon die byegif kan die voorkoms van jou vel aansienlik verbeter, dit kan individue met artritis help en selfs die werking van jou skildklier ’n hupstoot gee.

Lees ook: Naomi Watts g’n gepla oor nat hare, vaal gesig

Maar volgens Cheryl van Rooyen, wat betrokke is by byegif-terapie in Suid-Afrika, het hierdie skoonheidsnuutjie nog nie heeltemal vastrapplek in Suid-Afrika gekry nie.

“Byegif-terapie word nie heeltemal herken in Suid-Afrika nie. Mense het ’n geweldige vrees vir bye. Hulle wil nie hê die bye moet naby hul lyf kom nie; wat nog toelaat dat die bye hulle in die gesig steek.

“Die meeste mense voer die gif dan in van die buiteland en laat dit in hul gesig inspuit.”

 — Joanie Bergh

Bronne: mashable.com; bulletproofexec.com; apitherapy.com

Ook op Huisgenoot.com

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!

Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak

Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?

Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?

Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe