Die klein Japannese eiland Aosjima is die tuiste van meer as 120 rondloperkatte.

Katte is oorspronklik na die eiland gebring om ’n muisplaag hok te slaan, maar oor die jare het hul getalle die hoogte in geskiet. Toeriste stroom nou na die “kateiland”, hoewel daar geen restaurante, hotelle, winkels of selfs motors op die eiland is nie. Hulle kom om die katte te voer en hul net te verwonder aan so baie katte op een plek.

Kyk hier na ’n video van die viervoetige eilandbewoners:

Bronne: BBC; NBC