Watter kind hou nie van pannekoek nie? Hierdie eierlose resep van Huisgenoot is perfek vir die winterweer.

  • Lewer 14 pannekoeke
  • Bereiding: 5 minute
  • Gaarmaaktyd: 30 minute

Jy benodig:

  • 250 ml (1 k) bruismeel
  • 60 ml (¼ k) strooisuiker
  • 2,5 ml (½ t) koeksoda
  • 375 ml (1½ k) melk
  • 20 g botter, gesmelt
  • 5 ml (1 t) appelasyn
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • gemengde bessies en stroop vir opdiening

Maak so:

  1. Sif die meel, suiker en koeksoda in ’n mengbak. Voeg die melk, botter, asyn en vanielje by die meelmengsel en klits tot glad.
  2. Verhit ’n kleefvrye pan met ’n bietjie olie in oor matige hitte. Skep 60 ml (¼ k) van die beslag in die warm pan, braai 2 minute en draai met ’n eierspaan om. Braai nog 2 minute. Plaas op ’n bord en herhaal die proses met die res van die beslag.
  3. Besprinkel die pannekoeke met die bessies en bedruip met die stroop wanneer jy dit voorsit.

Klik hier  vir hierdie en nog ander smullekker Huisgenoot-resepte.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.