Eiendomsagente wil nie die Paralimpiese ster Oscar Pistorius se weelderige huis in Silver Woods, Pretoria, bemark nie, berig die Sunday Times.

Alberto Ochetta van Casa Nostra Eiendomme is so aangehaal: “Ek sou nie daardie huis wou bemark nie. Daar is net slegte karma aan verbonde en dit sal ’n ongelooflik moeilike verkoop wees.”

Oscar staan tereg op die dood van sy meisie, die model Reeva Steenkamp, nadat sy op Valentynsdag in sy huis doodgeskiet is. Oscar voer aan hy het gedink sy is ’n inbreker.

Die koerant het berig die huis is teen R6 miljoen by Engel & Völkers te koop. – Sapa