“Die eienaar binne die drankwinkel in ’n plas bloed aangetref,” het Sersant Juliet Mogale, woordvoerder van die Roodepoort-polisiekantoor bevestig.

Twee sekuriteitswagte van Apcan-sekuriteit is ook tydens die gewapende roof, Saterdag in Wilropark aan die Wes-Rand van Johannesburg geskiet.

“Duncan Du Plessis jou parkering is leeg en jou winkel toe vir die eerste keer in die 15 jaar wat ek jou ken daar is geen woorde. Rus in vrede, familie man friend en besigheids man,” lees een van die talle inskrywings op Duncan se Facebook-blad sedert die rooftog.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24 het bevestig paramedici is Saterdag ongeveer 18.00 na die toneel ontbied.

“Hulle het ’n sekuriteitswag met noodlottige beserings naby die winkel gevind. Nog ’n persoon, ook beserings is binne-in die winkel aangetref. Die tweede sekuriteitswag is in ’n kritieke toestand op die toneel gestabiliseer en is na die Milpark-hospitaal in Johannesburg gevlieg”.

Skaars 24 uur na die voorval het lede van gemeenskap Sondagmiddag, in hul massas voor die drankwinkel bymekaargekom.

Daar was ’n oomblik van stilte in herdenking vir die eienaar, Duncan du Plessis en die sekuriteitswag gehou.

Volgens die polisie is daar niks tydens die rooftog gesteel nie. 

Duncan word deur sy vrou, Viviette en twee dogters oorleef.