Die eienaar van die Clever Kids-kleuterskool in Kabega Park, Port Elizabeth het Woensdag skynbaar haar eie lewe geneem, berig Netwerk24.

Kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, het bevestig dat Maureen Meyer (57) glo aan haar dogter, wat ook by die kleuterskool werk, gesê het sy gaan ’n entjie stap.

Sy het toe na bewering onder ’n boom in die veld agter die skool petrol oor haar uitgegooi en dit aan die brand gesteek.

LEES MEER HIER