Hulle het gereken hulle sou alles self kon doen: Die inkopies,die kos maak,die aantrekkery, die dagboek op datum hou . . . Maar die paartjie het onderskat hoe besig hulle sou wees, want as jy die toekomstige koning van Engeland en jou vrou ’n geliefde nasionale bate is, raak dinge maar erg woelig.

Die laaste strooi vir prins William was toe hy onlangs reguit van ’n kleedrepetisie vir die jaarlikse vaandelparade in Londen na die Epsom Derby in Surrey moes gaan.

Dit het beteken hy moes sy uniform vir ’n keil en manelpak verruil, en, soos iemand in die binnekring in die paleis tereg opgemerk het: “Daar is soveel om te onthou as jy nie ’n bediende het om na jou om te sien nie.”

Nie dat William (wat op 21 Junie 29 jaar oud word) enigiets anders as koel en kalm gelyk het toe hy saam met sy vrou, Catherine (29), slank en sjiek in wit, en boet Harry (26) by die derby aangekom het nie.

Die koningsgesin het vir die eerste keer sedert die troue almal op die somersdag byeengekom om na die perdewedren te kyk – maar dit was nie koningin Elizabeth se gelukkige dag nie.

Lees meer in die Huisgenoot van 16 Junie. 

Volg Huisgenoot op Twitter.