Die egpaar, wie se identiteit om regsredes nie bekendgemaak mag word nie, het verlede jaar uit hul huis op die Spaanse eiland Majorka gevlug nadat hulle skuldig bevind is aan die misdaad wat al in 2009 gepleeg is.

Maar lede van Spanje se burgerwag in Cártama, Málaga, in die suide van die land het die voortvlugtiges vasgetrek. Die twee, wat onderskeidelik 54 en 59 jaar oud is, het in ’n skuur op ’n plaas geskuil.

Hulle is skuldig bevind aan die seksuele misbruik van minderjariges (een van die meisies was vermoedelik 12 jaar oud toe die misdade plaasgevind het).

“Die feite gaan terug na 2009 toe die egpaar hul minderjarige dogters aangebied het vir seksuele omgang met ’n mens wat aan hulle bekend was in ruil vir ’n ekonomiese voordeel, die rede waarom hulle in 2016 aan die misdaad van seksuele misbruik van minderjariges skuldig bevind is,” het ’n woordvoerder van die burgerwag gesê.

“Ná die vonnisoplegging het die twee, wat nou in aanhouding is, van die eiland Majorka, waar hulle gebly het, gevlug om die tronk te vermy. Agente het hulle ná ’n paar maande opgespoor.

“Die egpaar het in hierdie tyd in ’n skuur op ’n plaas aan die buitewyke van Cártama, Malaga, weggekruip.”

Die egpaar is steeds in polisieaanhouding.


Bronne: mirror.co.uk, metro.co.uk, dailymail.co.uk