Hoewel Egoli op M-Net tot einde Maart uitgesaai word, is die laaste episode waarin die sepie-verhaal werklik eindig inderwaarheid vroeg in Maart al op M-Net te sien.

Kykers wat onder die indruk was dat Maart nog splinternuwe Egoli-episodes gaan oplewer, sal aan die begin van dié maand reeds vir Nora, Nenna en die Edwards-familie moet groet.

Die heel laaste “oorspronklike’’ episode word op Dinsdag 2 Maart om 18:30 uitgesaai.

As ’n “spesiale huldeblyk” bly Egoli die res van Maart in toegif-episodes op die lug ná die werklike einde van Qdie reeks.

Van Woensdag 3 Maart tot Vrydag 26 Maart word Egoli-episodes uitgesaai wat geheel en al uit terugflitse saamgestel is.

Hierdie terugflits-episodes wentel elkeen rondom ’n spesifieke jaar waarin Egoli op die lug was.

Besoek Egoli se webwerf.